Ons het kaartjies gehad vir Vrydag. Ek was reeds middagete daar want dit is net 'n blok weg van die kantoor af en elke keer as die karre op die baan is hoor mens dit in die kantoor. Moeilik om op werk te konsentreer! Sien die kaart - ons gebou is ongeveer waar die 3AW en TripleM logos is (regs bo, in St Kilda Road net langs High Street).
Middagete was ek en Andre daar vir die eerste amptelike oefen sessie. Ons het tussen draai 12 en 13 gesit en gou 'n Subway geeet. Daar was heelwat karre op die baan maar hulle was redelik verspreid gewees. Dit was tog lekker om direk langs die baan te kon staan en letterlik te voel hoe die karre verbykom. Later het ons bietjie verder rondgeloop tussen die garages en skou karre deur, amper reg rondom die baan om na alles te kyk.
Nadat my ore behoorlik gesuis het, het ek maar vir ons almal gou oorbeskerming gekry - vir die kinders sommer "earmuffs".


Vrydagmiddag 16:30 plaaslike tyd was nog 'n Formule 1 oefen sessie en Marlize en die kinders was net betyds sodat ons die begin daarvan kon vang. Elmarie was nie vreeslik beindruk met die geraas nie, maar Hannes was baie opgewonde elke keer as 'n kar verbykom, soms twee kort na mekaar.
As mens nie by 'n skerp draai is nie kom die karre te vinnig verby om hulle mooi te kan afneem. Ons het darem een gekry waar mens nogal lekker detail kan sien.






Na die F1 oefen sessie was daar ook 'n V8 wedren van 15 rondtes. Dis ook baie lekker om te sien, en dis makliker om die karre af te neem want hulle kom nie so vinnig verby nie! Die V8's is omtrent 20 sekondes stadiger om die 5.3KM baan as die F1's, en hulle het ook 'n spoed-toets gedoen met 'n BMW135i en hy's ongeveer 50 sekondes stadiger om die baan as die F1's.


Daar was ook heelwat ander goed om te sien en doen. Saam met die kinders het ons nie so ver geloop nie so ons was nie weer aan die anderkant van die dam nie. Aan die kant waar ons was (tussen draai 10 en 12), was daar genoeg om die kinders besig te hou nadat hulle moeg geraak het vir die karre. Elke dag het die FA-18's ook oorgevlieg laatmiddag tussen die F1's en V8's.




Ons het is net voor 20:00 (toemaaktyd) by die hekke uit nadat ons gou nog bietjie rondgeloer het. Die kinders was kapoet en ons klein sakke "merchandise" ('n duur hemp vir elkeen) het die beursie heelwat ligter gelaat. Nou kan ons ook se "been there, done that, got the t-shirt" (al was die "done that" nie die eintlike wedren nie).


No comments:
Post a Comment