

Ons het die laaste dag van die Australian International Airshow (Avalon2009) bygewoon vandag (gister het ek gewerk). Dis die eerste lugskou wat enige een van ons bygewoon het - ek dink Marlize het dit die meeste geniet!
Die vlieg program het heelwat herhalings in, maar ons het so paar van die cool goed gesien voor ons natgereen het laat die middag... Dit was nogal 'n uitdaging om sommige van die fotos geneem te kry omdat die vliegtuie so vinnig verbykom. Ek dink dit het nie te sleg gekom nie.
Eerste wat ons gesien het was 'n demonstrasie deur 'n Pilatus PC9 - dit is die RAAF se primere vlieg opleidings vliegtuig.


Volgende was 'n lekker treat - die kinders kon nie wag vir die "jets" nie, en volgende op die program was 'n USAF F-16C "Fighting Falcon". Hulle het hom lekker vinnig laat vlieg ook en dan dreun die wereld en jou longe in jou ribbekas ook sommer. Met een verbykoms het hy 950km/h gevlieg (te vinnig om af te neem) en dit maak 'n lekker geraas.




Daarna het vier RAAF F/A-18 "Hornets" opgestyg vir 'n vertoning later.


Toe eers weer bietjie akrobatiese vertonings.







En terug by die F/A-18s wat in formasie gevlieg het.



Volgende was 'n demonstrasie van 'n "joint operations combat situation". Die plot is dat 'n C-130H twee voertuie en paar "soldiers" aflaai (hy't kom land en demonstreer in hoe 'n verskriklike kort afstand hy kan stop, gou aflaai, en dan weer opstyg). Dan kom paar helikopters (Kiowa) bietjie "reconnaisance" doen voor die Blackhawks nog paar "soldiers" aflaai (met die toue). Dan simuleer hulle bietjie "ground battle" en jy hoor die geweerskote en sien hoe trek die doppies. Net die mense wat heel voor gestaan het kon dit mooi sien, en ons was nie al 8vm daar nie... Volgende het die F/A 18s kom bomme gooi (simulasie natuurlik) en die vyand heeltemal uitgehaal. Van die hele affere het ons darem paar fototjies gekry...
Die C-130H:



Die Blackhawks:


Die ontploffings:

Toe raak die kinders verveeld met die volgende akrobatiese vlugte toe gaan kyk ons bietjie na die vliegtuie wat uigestal word. Hier is ons by die weermag vliegtuie:



Quantas het ook 'n Boeing B747-400 gehad waar almal kan kyk en inklim (ons het in een oorgevlieg Oz toe so ons was nie lus om in te klim nie) maar ons het lekker naby en onder die vliegtuig gaan kyk - die kinders het dit geniet, want as mens vlieg kan jy nie dit doen nie.



Toe ons huistoe ry het ons verby die agterste aanloopbaan verby gery en daar sien ons toe nog 'n paar menere wat rondstaan - twee USAF B-1B bombers:

Oppad huistoe het ons een van ons tolhekke afgeneem net om julle almal lekker jaloers te maak oor hoeveel beter die tolhekke hier op die verkeer is as in SA:

Die swart ding bo-oor die pad is die tolhek - hy't kameras en goed aan gemonteer wat jou e-tag optel (as jy een het) of jou nommerplaat afneem sodat hulle vir jou die rekening kan stuur. Niks gestop en gekarring met kontant of 'n kaart nie, en geen impak op die verkeer nie. Jou geld verdwyn net uit jou bankrekening!
No comments:
Post a Comment