Sunday, April 5, 2009

Naweek 52 - Happy Anniversary!

Vandag een jaar gelede (wel, eerste Sondag van April in 2008) het ek vir die eerste keer voet aan wal gesit in Australie. Ek kan nie glo dis al 1 hele jaar nie. Danksy hulle lekker lang vakansie hier in 2008 is Marlize en die kinders ook nou al altesaam 6 maande lank hier.

In die week wat sopas verby is, Vrydag, het die senior bestuur op die projek aangekondig dat die nuwe "go-live" datum vir die projek nou amptelik 9 November (ja, 9/11!) 2009 sal wees. Die projek is 'n wereld-eerste (SAP-gewys) so die vertragings in die projek word nie in 'n vreeslike negatiewe lig gesien deur die besigheid nie, veral gegewe die kompleksiteit van die besigheidsprosesse van die klient wat nie net 'n plaaslike markleier is nie, maar wereldwyd 'n markleier in hulle lyn van besigheid ("full services leasing").

So... toe ek aanvanklik besluit het om die projek te "join" was die "go-live" datum beplan vir September 2008, en is toe geskuif na November 2008 kort nadat ek hier begin het. In Oktober was dit toe geskuif na Junie 2009, en nou is dit al November 2009...

Hierdie naweek het Daylight Savings Time weer 1 uur terug geskuif so nou is ons weer op GMT+10. Vandag was die lekker lang dag.

Gister het ons Monsters vs Aliens in 3D gekyk. Dit was die eerste 3D-ervaring vir die kinders en Hannes het dit veral baie geniet. Hy het met tye sommer voor op sy stoel gesit.

Vrydag het die skool vakansie ook begin so Hannes se eerste (en baie suksesvolle) skool kwartaal in Oz is ook al iets van die verlede.

Time flies when you're having fun :-)

2 comments:

Johan Delport said...

So vlieg die hele lewe verby ne. Voel julle al asof dit julle huis is, of voel mens nog bietjie soos vreemdelinge?

Lea White said...

Wow, kan nie glo dit is nou al 'n jaar nie. Voel soos gister toe jy daar aangeland het.

Maar dit klink of julle lekker settle daar!

Lea White
http://whitesinnz.blogspot.com