Dit was langnaweek wat dit was die Queen se verjaarsdag in Victoria.
Ons was bietjie Warrnambool toe gewees met die hoop dat die walvisse al begin inkom het want jaarliks tussen Junie en September kom die "
Southern Right Wales" om in die baai te kom kalf, dan is hulle baie naby en mens kan hulle blykbaar mooi sien.
Daar was nog niks walvisse nie. En dit het verskriklik baie gereen. Gelukkig het ons Sondag oggend en Maandag oggend so bietjie droee weer gehad, al het die son nie eintlik deur die wolke gebreek nie.
Saterdag het ons maar net die "self-guided tour" gery deur die dorp met 'n kaart in die hand want ons het in die reen daar aangekom en kon nie veel toeriste-goed doen nie. Ons het op die ou end fliek kaartjies gekoop vir
Night at the Museum 2 en 'n verskriklike lang aandete by 'n pizza plek geeet. Dit het nie meer gereen toe ons die aand uit die fliek gekom het nie, maar dit was bitter koud. Oppad terug slaapplek toe het ons een van die kerke afgeneem wat mooi verlig is in die aand:

Sondag oggend het ons die beste gemaak van die bietjie droe weer. Die hoof toeriste-aantreklikheid in Warrnambool is
Flagstaff Hill - dit is 'n klein dorpie wat gebou is om it te beeld hoe die dorp min of meer gelyk het rondom 1859. Hulle maak dit vir kinders ook baie interessant deur middel van 'n skattejag tipe opset - hulle kry paspoort boekies met leidrade in en dan moet hulle by die regte plekke (van die geboutjies in die dorpie) 'n stempel in hulle boekies kry. Hier is van die fotos wat ons van Flagstaff Hill geneem het:




Hierdie is die "flagstaff" wat steeds in gebruik is, saam met die ligtorings wat ook deel van die opset is:

Hierdie 3 geboue (die ligtoring, "lighthouse keeper's cottage" en die "chart room") was oorspronklik in 1858 op een van die eilandjies net in die see in gebou, maar dit is in 1872 verskuif (letterlik, afgebreek en presies dieselfde oorgebou) waar dit nou staan, op 'n koppie nie ver van die see af nie maar op die vasteland:

In die aand is daar 'n laser show wat handel oor een van die bekendste "shipwreks" van die omgewing, die
Loch Ard, en daar was net 2 oorlewendes. Ons het die "lantern walk" gedoen - nogal lekker, met 'n lantern saam die toergids af van bo in die dorp tot onder waar die hoogtepunt die laser show is, en dan weer terug tot bo terwyl sy die storie se finale drade vasknoop.
Hier is meer inligting oor
Flagstaff Hill. En vir die wat 'n goeie internet konneksie het, hier is 'n
live webcam ook.
Sondag oggend het ons die pad terug gevat en vir 'n tweede keer probeer om by die
Twelve Apostles uit te kom (laas keer het ons mos na donker eers daar aangekom). Natuurlik eers nog een van Warrnambool se monumente afgeneem (ons weet nie eintlik wat dit is nie want dit het gereen en ons was al moeg vir nat word):

Op pad terug Melbourne toe is daar eers ander plekke oor waar mens moet stop, en hier is paar fotos daarvan...
Vir die Yanks het hulle hierdie bordjies met gereelde intervalle langs die
Great Ocean Road opgesit:
London Bridge (volg die link en lees meer - in 1990 het die middelste deel inmekaar gestort en voor dit kon mens oorstap tot op die punt):

Om die hoogte van die krans in perspektief te sit is hier nog 'n foto van een van die platforms af (net vasteland toe geneem) - heel regs bo is die platform vanwaar ek die London Bridge afgeneem het, met paar mense wat daar staan. Click op die foto om 'n groter weergawe te sien, dan kan mens 'n beter idee kry:

Hierdie is geneem in die omgewing waar die
Loch Ard gesink het - ons kon nie die roete klaarmaak nie want die groot reen het ons gevang...


Ons ry toe maar verder huistoe en nader aan die twaalf apostels. Hierdie keer wou dit ook nie uitwerk nie. Toe ons daar aankom was ons in die kwaai reen. Ons het amper 'n uur gewag om te sien of dit nie wil oorgaan nie, maar toe dit lyk of die weer nie gaan verander nie het ons besluit ons moet maar kyk of "third time lucky" gaan werk vir ons en die apostels... Kyk net hoe nat was dit daar, die bossies kreun soos die wind hulle waai. Van hierdie punt af is dit 'n entjie se stap om by die uitkyk punt te kom en die mense wat dit gewaag het, het almal sopnat terug gekom en baie bek-af gelyk daaroor.

Al was dit baie nat en koud was dit steeds baie lekker. Maar ons sal weer daardie kant toe moet ry...