Sunday, December 14, 2008

Naweek 36

Hierdie naweek was chill-naweek. Die laaste naweek hier voor ek die familie gaan haal in Suid Afrika.

Verlede naweek het ek gaan kyk na so paar plekke om te bly vir volgende jaar, en op die ou end 'n aansoek ingesit om te huur op een van hulle. Die aansoek was toe goedgekeur en die deposito is betaal. Dit is 'n dubbelverdieping duet, 3 slaapkamer, 2.5 badkamer met studeerkamer, aparte waskamer en toesluit motorhuis. Die plek het ook "central airconditioning". Dis in 'n lekker stil straat, baie naby aan die laerskool. Ek was Saterdag weer daar om fotos te neem en afmetings te kry. Hier is fotos van die plek...

Van die straat af:


Van agter af, die erf is nogal smal (halwe erf eintlik) maar darem redelik lank - grassny behoort my nie te lank besig te hou nie:


Die oopplan leef-area onder (onder is ook 'n gaste toilet, die waskamer en die studeerkamer):


Die slaapkamers en 2 badkamers is bo, en die trappe op en die hele boonste vloer het matte (behalwe natuurlik die badkamers, dis teel vloere). Die leef-area en kombuis is bietjie kleiner as waaraan ons gewoond is maar dis groot genoeg.

Ek was ook vir die eerste keer hier:

"The South African Shop" is 'n redelike klein winkeltjie wat voedsel produkte wat in Suid Afrika vervaardig word invoer, bv. Romany Creams, ProVitas, All-Gold tamatiesous, Mrs Ball's chutney ens. Hulle het 'n online shop en twee winkels - hierdie een is in Caulfield, nie ver van die nuwe blyplek af nie. In die "shebeen" verkoop hulle onder andere Casle Lager, Klipdrift, KWV en Amarula.

Dit het die hele Vrydag en Saterdag lekker gereen in Melbourne. Hierdie naweek alleen het die staat van Victoria meer as 65mm reen gekry en dit is bo-gemiddeld vir die hele Desember maand. Hierdie foto het ek geneem oppad terug woonstel toe van die nuwe huis af:


Nog net 6 slapies... my vlug is Saterdag oggend vroeg en as die vlug op skedule afloop land ek Saterdag 20 Desember om 17:50 in Johannesburg. Ek kan nie meer wag nie.

Daar sal waarskynlik eers in Januarie weer 'n nuwe inskrywing op die blog wees.

Vir almal wat ek nie weer voor Kersfees gaan sien nie: Geseende Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar!

- Johan

Sunday, December 7, 2008

Naweek 35

Hierdie naweek was bietjie kort vir my. Saterdag het ek gewerk en vandag een huis gaan kyk (ons soek mos nou weer huis). Meeste plekke is of in die week of op Saterdae oop om te gaan kyk, en altyd net vir 30 minute. Ek het ook baie wasgoed gewas want dit het ook agter geraak deur die week, en die nuwe kinder stoeltjies in die nuwe kar gesit.

Vir die wat almal gese het "ja, ons het al 'n Corolla gesien maar ons wil JOUNE sien", hier's twee fotos:



Hoop julle is nou gelukkig!

Nog net twee weke oor - oor twee weke hierdie tyd het ek al 1 slapie in Suid Afrika geslaap. Nog net 13 slapies voor ek vlieg.

Sunday, November 30, 2008

Naweek 34

Hierdie naweek het ek persente gesoek - vir die kinders en vir Marlize.

Die kinders het bestellings in by hulle Ouma Ria vir goed wat hulle nie in Suid Afrika opgespoor kry nie. Dis beskikbaar by 'n on-line speelgoed winkel maar ek kon ook nog nie 'n winkel hier rond kry wat dit verkoop nie so die soektog duur voort... sal dalk maar on-line moet koop as ek nie volgende naweek regkom nie.

Vir Marlize was dit darem makliker (eerste keer wat ek dit kan se!). Sy't ook 'n spesifieke bestelling in maar ek het 'n ander verrassing vir haar - toe ek betaal het die tannie wat langs my gestaan het gese "ooohh, someone's going to be popular!" so ek hoop sy sal daarvan hou.

Saterdag het ek weer bietjie golf gespeel - dit word nou so laat donker, ek het eers omtrent 18:30 afgeslaan en na 9 rustige gaatjies was dit nog helder daglig. Vanaand 20:15 het ek nog gesien hoe skyn die son op die gebou langsaan. Dis lekker dat die dag so lank is, maar ek is nie gewoond daaraan dat die nag so kort is nie!

Nog net 19 slapies voor ek Suid Afrika toe vlieg.

Monday, November 24, 2008

Naweek 33

He-he, ek het gister aand so lekker voor die TV geplak ek het skoon vergeet om die blog te kryf!

Daar's nie eintlik veel om te se nie - die weer was uiters onaangenaam, dit was die naweek weer winter (15 en 16 grade op Saterdag en Sondag) met woeste winde, reen en hael. Geen wonder ek het so lekker TV gekyk nie!

Ek het darem Saterdag uit die huis gekom om my kar te gaan haal wat ek gekoop het - jip, die eerste groot aankoop in Oz is nou gedoen. 'n Splinternuwe Toyota Corolla - die goedkoopste model wat te koop is hier, maar darem 'n 1.8L (hier verkoop hulle net 1.8L Corollas, as jy iets kleiner soek, koop 'n Yaris, as jy iets sterker soek, koop 'n Camray!). Later kan ons iets anders bykoop as ons die maandelikse begroting mooi onder die knie het en sien daar is geld vir daai nuwe Prado VX of Kluger Grande of iets... ;-)

As gevolg van die wonderlike weer wat ons gehad het kon ek nie eers die kar iewers parkeer om 'n mooi foto te neem vir die blog nie, en volgende naweek se weer vooruitsigte lyk nie veel beter nie, maar gelukkig weet julle almal hoe lyk die nuwe Corolla en as julle nog nie 'n silwer een gesien het nie moet julle maar bietjie die verbeelding inspan!

Ek het ook weer begin blyplek soek, want waar ek nou bly is baie lekker vir my wat alleen hier is - klein en gemeubileerd en direk langs die tremlyn wat by die werk verbyloop - maar dis nie so ideaal vir wanneer die familie hier is nie so nou kyk ek weer na die suburbs waar daar skole is ens. Noudat ek wiele het kan ek die paar naweke wat oor is voor ek weer Suid Afrika toe vlieg hopelik goed benut met die huis soekery.

Die nuwe Bond fliek het die naweek hier begin wys - as jy nie voor die naweek kaartjies gekoop het nie kon jy dit vergeet! Ek was Saterdag by 'n mall net nadat ek die kar gekry het, en die fliek was reeds uitverkoop tot die laaste vertoning van die dag, en die helfte van Sondag se vertonings ook! Sal maar moet wag tot 'n ander naweek om dit te gaan kyk.

Daar is nog 3 naweke oor in my 2008 Oz-jaar - op die 4de naweek (20 Desember) vlieg ek vroeg Saterdag oggend weer Suid Afrika toe. Met die huis soekery en volgende naweek se weer vooruitsigte en die dinge wat nog gereel moet kom vir die skuif hiernatoe mag die blogs dalk bietjie vervelig wees vir so paar weke, maar ek is seker in die nuwe jaar sal ons weer meer opwindende stories he, so die wat net so nou en dan kyk watse interessante fotos ek oplaai moet maar bietjie vasbyt!

Ek kan nie wag om weer in dieselfde tydsone te wees as Marlize en die kinders nie!

Sunday, November 16, 2008

Nuus

Ek en Marlize het onlangs besluit om na Australie te verhuis. Dis 'n groot en emosionele besluit maar ons is baie opgewonde oor die nuwe hoofstuk in ons lewe.

As alles volgens plan verloop vlieg ons almal eerste naweek in Januarie 2009 saam Oz toe.

Ons verwag om ons meubels middel na einde Januarie in Melbourne te sien.

Naweek 32

Hierdie naweek het ek nie veel gedoen nie. Saterdag het ek weer tyd spandeer by die string van motor handelaars hier in die omgewing op soek na 'n tjorrie. Elke naweek het iemand een of ander sale aan.

Van laat gister middag af het ek nie lekker gevoel nie - bietjie naar en geen eetlus nie, en dit het aangehou vir die grootste deel van vandag ook, tot ek bietjie op die bank gele en slaap het. Toe ek wakker word het ek beter gevoel maar nou nadat ek geeet het is die gevoel weer terug... yuk. Hoop more oggend is ek weer reg!

Sunday, November 9, 2008

Naweek 31

Hierdie week Dinsdag was Melbourne Cup Day en die hele week was dit perde voor en perde agter. Lekker as mens hou van wed op die perde.

Dinsdag het ek bietjie gerus en bietjie rondgery. Ek wou strand toe gaan maar die wind het te veel gewaai, so ek was nie lank daar nie. Ek het darem 'n foto gekry van die "beach boxes" - ek dink ek moes bietjie nader aan die water gekom het om teen 'n ander hoek te neem maar dan kry mens nie die hele lot in nie, daar is te veel!


Hierdie naweek was lekker weer. Ek was lekker lank in die botaniese tuin gewees, sommer enige plek bietjie op 'n bankie gaan sit en luister vir die voels en net bietjie ontspan.

Op die punt van die tuin, eintlik net buitekant die grense van die tuin - in King's Domain, aan die stad se kant, is daar 'n "music bowl" met die groot geboue van die stad in die agtergrond. Dit is die Sidney Myer Music Bowl en is in 1959 geopen. Daar is 'n gedeelte stoele, en die res is gras teen 'n bult op - dit kan nogal lekker wees as die weer goed is!



Tussen die music bowl en die stad is daar 'n monument vir Queen Victoria - sy's gebore in 1819, getround in 1840 en het regeer van 1837 tot 1901 (sy's dood in 1901).


Hierdie is die queen se uitsig oor die stad:


Vandag was 'n lekker warm sonskyn dag. Ek was te warm aangetrek en het toe bietjie gaan afkoel in die Chill On ice bar.


Vir $30 kan jy vir 30 minute ingaan en dit sluit die warm klere en 1 cocktail in. Die drankie kom in 'n glas wat van ys gemaak is. Ek het die cocktail menu gelees en besluit om te vra vir 'n "frozen idot" - dis jegermeister en red bull.

Die plek is nie baie groot nie - dis amper of hulle jou in 'n groot freezer toemaak.


En jy kan sit ook - op 'n ys-stoeltjie (daar is darem 'n diervel oor sodat jou broek nie nat word nie), en jou ys-glasie op die ys-tafeltjie neersit.


Dis seker duidelik uit die fotos dat ek alleen in die vrieskas was.

Party mense gaan seker bietjie gril as ek dit se, maar as mens uit die lekker warm hittige straat uit in die vrieskas inloop, begin jou neus dadelik waterig raak, en voor jy kan keer vries daai waterige snot in jou neus. Dis die weirdste gevoel! En met daai dik handskoene aan kan jy maar vergeet om jou neus te probeer afvee sonder om dit uit te trek, en dan vries jou vingers want dis -10 (minus 10) grade celcius daar binne! Jy moet net keer dat jou neus nie te veel loop nie anders lyk jy sommer vinnig soos Jim Carey in Dumb & Dumber waar hulle op die scooter ry en vries...

Voor my 30 minute op was het ek heeltemal te koud gekry - my ore wou afval en my tong wou nie meer saamwerk nie - een van die ouens wat daar werk kom elke nou en dan in en gesels bietjie maar elke keer as hy uitgaan ontdooi sy tong, maar nie myne nie! Toe ek sukkel om te praat het ek besluit dis genoeg - 22 minute.

Toe ek daar uitloop in die warm straat in was dit nogal lekker om te voel hoe ontdooi my gesig velle so stadig - toe's dit gladnie meer so warm nie!

Sunday, November 2, 2008

Naweek 30

Hierdie naweek is daar so min om te skryf...

Meeste van die naweek het ek bietjie herstel van die vorige twee weke se daaglikse laat werk. Net rustig tuis voor die televisie, met die Volvo Masters golf en die krieket toets tussen Australie en Indie om my vasgenael te hou.

Ek het ook vir die eerste keer by 'n golfbaan uitgekom om self bietjie te speel. Dis die eerste keer vir my in Oz, maar ook die eerste keer in ongeveer 'n jaar, so ek het 'n 9-gaatjie publieke baan gekies sodat ek net eers kan sien of ek nog die fairways en die greens kan vind. Ek dink dit het baie goed gegaan, net 1 fairway gemis en 5 uit 9 greens in regulasie. Selfs met die setwerk het dit uitstekend gegaan!

Ek het ook bietjie begin rondkyk vir 'n kar - tot nou toe het ek nog nie een nodig gehad nie (hoe cool is dit!), maar om een te huur elke naweek is bietjie van 'n pyn, en as ek elke naweek vir Saterdag en Sondag huur kon ek net sowel 'n kar paaiement betaal het. Ek het ook alreeds so te se al die toeriste aantreklikhede in Melbourne besoek wat mens met publieke transport kan bereik. Met die projek wat nog tot middel volgende jaar aanhou begin ek myself al oortuig dat dit cool sal wees om 'n kar te he, al is dit net sodat ek bietjie meer mobiel is op die naweke. Dit sal beslis makliker wees om meer golf te gaan speel! Die "great ocean road" en 12 Apostels wag ook nog vir my...

Dinsdag kom een van die min vakansiedae wat Ozzies het, en dit nogal vir 'n perde-resies! Dit is Melbourne Cup Day - dit is die eerste Dinsdag van November elke jaar. Groot stories hier. Al wat 'n besigheid is sal ook Dinsdag toe wees. Ek gee nie om vir die perde nie maar 'n dag af gaan lekker wees!

Sunday, October 26, 2008

Naweek 29

Saterdag was ek by die "National 4X4 Show, Fishing Show & Outdoors Expo" by die Melbourne Exhibition Centre.

Ek dink Hannes sou uit sy vel uit gewees het as hy daar kon wees - alles wat by die expo was sal 'n seuntjie lekker opgewonde maak - en baie groot seuntjies ook!

  • 4x4 voertuie, demonstrasies, toebehore (alles vir in- en om die voertuig)
  • Alles wat 'n mens kan benodig (of nie, maar wat hulle in elk geval aan jou kan verkoop) vir visvang in varswater en in die see, sowel as demonstrasies oor hoe om van die "artificial bait" te gebruik (met regte visse in 'n groot tenk sodat jy kan sien hoe cool die goed werk)
  • Karavane, sleeper trailers, tente, alle toebehore vir in- en om die karavaan/trailer/tent (bv. onder andere portable solar panels en flat screen TVs wat van die batterye af loop wat die solar panels laai), en demonstrasies van al die nuutstes goed
  • Vir die kinders was daar 'n "feed & touch animal patch" waar hulle klomp verskillende diere gehad het waar die kinders kan voel & voer en mini-bike rides
  • Nuwe voertuie van die sponsors (Holden, Hyunday, Toyota, Nissan)
Geen fotos toegelaat soos by enige ander skou. Maar dit was lekker.

Ek was ook die naweek by 'n live comedy show van Carl Barron. Hy het so paar videos op YouTube, en daar is 'n downloads page op sy site met 'n paar samples. Ek het dit baie geniet. Hy is baie onstspanne op die verhoog en baie snaaks. Die videos en samples is nie baie lank nie, maar die live show is meer as 'n uur lank. Vir die wat 'n goeie internet konneksie het kan ek aanbeveel om dit uit te check!

Sunday, October 19, 2008

Naweek 28

"A picture says a thousand words"...


$22 koop vir jou 'n "MCG Guided Tour" en toegang tot die MCG Museum. Die toer is ongeveer 1 uur lank en begin by 'n bietjie geskiedenis en statistiek terwyl jy sit op die hoofpawiljoen, onder dak, in die "MCC Members Area". MCC staan vir Melbourne Cricket Club, en MCG is Melbourne Cricket Ground (of "The G" soos baie Ozzies dit noem). Op die foto is die donker sitplekke (spesiaal omhein) en die gedeeltes binne glas die members area.


Melbourne Cricket Club was gestig in 1838 (Melbourne was gestig in 1835) maar die MCG, op die plek waar dit vandag nog staan, is gestig in 1853. Tydens beide wereldoorlog I en II was die MCG gebruik om troepe te huisves. In 1956 was die Melbourne Olympics hier gehou.

Vir die wat kan nie kan onthou van een van die vroeer blogs af nie, Australian football league (footy) word ook op krieketvelde gespeel. Daar is 4 van Melbourne se klubs wat die MCG as tuisveld gebruik. Footy bring vir die MCG $8 in vir elke $1 wat krieket inbring.

Dan besoek jy die "player boxes" waar die spelers tydens die wedstryd vertoef wat nie aktief aan die wedstryd deelneem nie. Nog bietjie geskiedenis van krieket en voetbal.

Daarna vat hulle jou af veld toe - maar net aan die kant op 'n spesiaal afgebakende area. Daar is daagliks 8 tot 12 toere van 20+ mense elk en al daardie voete sal die gras doodtrap as hulle dit nie verhoed nie.
Op hierdie foto is die footy pale en hooftelbord in die agtergrond sigbaar. Die members area is na links.


Volgende is 'n "behind the scenes" toer van waar die spelers voor en na die wedstryd bymekaarkom, en vir voetbal ook met halftyd.


Dis niks spesiaals om te sien nie - maar dis eintlik baie goed ontwerp. Tydens voetbal of krieket seisoen word die hele spelers area onder die pawiljoene verander om toepaslik te wees vir die seisoen. Toe ons onder was, was dit leeg want die footy seisoen is pas afgehandel en dit gaan nou weer ingerig word vir die krieket seisoen.


Die mediese fasiliteite bly egter regdeur die jaar dieselfde. Hierdie is een van die kamers:


Die toer vat jou ook deur die kleedkamers en ontspanningsfasiliteit - die kleedkamers is maar baie basies, maar daar is 'n paar spas ook ingerig. Naby die kleedkamers is ook 'n familie kamer (waar spelers se families hulle kan sien na die wedstryd voor die spelers 'n glasie lemoensap gaan drink), die dwelmtoets kamer en nog 'n paar mediese kamers.

Dan is dit weer op met die hysbak na die boonste pawiljoene toe. Nog 'n lekker uitkyk oor die gronde:



Daarna is dit in die mebers area in - dis fancy. Donker hout, leer meubels, massiewe kroeg en groot skerms sodat jy niks van die wedstryd hoef te mis nie. Dit is ook vol glaskaste met getekende krieket kolwe van regdeur die geskiedenis van die MCG. Die Long Room is een van 'n paar members areas.





In die museum word fotos nie toegelaat nie. Die museum het afsonderlike dele vir krieket en voetbal, en daar is ook 'n interaktiewe deel, dit lyk nogal gewild by die kinders. As mens jou tyd vat en mooi kyk na alles in die museum vat dit jou langer as die toer, so baie is daar om te sien.

Buite om die stadion is daar ook allerhande bronsbeelde opgerig. Hierdie een is van Sir Donald Bradman.


Die inligting op die steen lees as volg:
Sir Donald Bradman, 1908 - 2001. The Don played 52 Tests for Australia from 1928 to 1948. He was captain in 24 Tests scoring 6996 runs at a world record average of 99.94. His amazing first class batting record of 117 Centuries included 19 at the MCG.

Die MCG was op 26 Desember 2005 ingesluit in Australie se National Heritage List.

Sunday, October 12, 2008

Naweek 27

Die getroue blog-lesers sou gesien het ek het twee naweke niks geskryf nie, maar dis omdat ek nie in Oz was nie.

Die vlug Suid Afrika toe was bietjie lank. Met meer as 'n uur se vertraging in Perth en sterk wind van voor was ons eers laat by die huis. Die week was bietjie besiger as wat ek verwag het, maar dit was lekker om weer almal bymekaar te wees.

Die troue was 'n grand affair. Dit was baie lekker. Die familie het almal oorgeslaap by Avianto naby Krugersdorp waar die troue gehou was. Nogal 'n fancy plek! En nou vir waarvoor al die girls wag - die fotos (met permissie gepubliseer)...

Anel, jongste van 4 kinders, laaste om te trou ook:


Die kapel by Avianto waar Anel en Arno mnr en mev Joubert geword het:


Meneer en Mevrou Joubert:


Die troukoek - mmmm, jummy! Lae chocolate en chocolate mousse, met wit chocolate buite om in plaas van die gewone goed:


Trotse Pa (Hans) en Ma (Bettie) de Beer, ouers van die bruid:


Strooimeisie en ringdraer (ja, dis ons kinders, en Marlize het Elmarie se rok, Hannes se strikdas en kruisbande en haar eie rok self gemaak):




Drie boeties - Cobus (jongste), Thys (oudste) en ek - ons was meer as 2 jaar laas almal bymekaar want kleinboet Cobus (links) en sy vrou Bonnie is nou al meer as 2 jaar lank in San Diego, USA:


Skoonsussies - Marlize, Bonnie (Cobus se vrou), Maxi (Thys se vrou) en Ma:


Ek en Marlize saam Anel:


Die bruidstafel by die onthaal:


Die ander tafels by die onthaal:



Na die troue was daar net 'n dag oor om nog bietjie saam almal te kuier voor ek weer op die vlug terug Oz toe moes wees. Hierdie keer het ek besluit om my golfstokke saam te bring, met 11 weke hier behoort ek seker darem kans te kry vir 'n rondte golf of twee.

Die vlug uit Johannesburg was weer vertraag, en toe dit tyd was om te board het hulle eers almal se handbagasie deursoek, wat op die ou end die vlug 2 ure later as geskeduleer laat vertrek het. Gelukkig is daar 'n lang tyd tussen land en die Melbourne vlug in Perth. Toe beland ek vir 'n onverklaarbare rede op bystand vir die vlug (en my bagasie), maar as gevolg van nog 'n vertraging was ek toe in elk geval op die vlug. Maar nie al my bagasie nie. Gelukkig net my golfstokke en nie my klere nie! Quantas het dit darem Dinsdag vir my by die huis afgelewer.

Hierdie naweek het ek toe die naaste golf driving range probeer opsoek - daar's baie bane hier, maar nie almal het 'n driving range nie. Die naaste een is by Albert Park, nogal nice. Ek het so paar balle van die boonste vlak af geslaan. Dit het nogal goed gegaan, so ek dink ek kan myself darem weer loslaat op 'n golfbaan...!

Daar is nog 10 weke oor voor ek weer Suid Afrika toe vlieg vir Kersfees en my Pa se 60ste verjaarsdag. Ek tel al klaar weer die slapies af!

Sunday, September 21, 2008

Naweek 24

Dit is nou die laaste naweek voor ek vir die eerste keer Suid Afrika toe gaan van 6 April af.

In hierdie 24 weke het die volgende gebeur:
  • Ek het vir die tweede keer voet van die Afrika vasteland af gesit, weer vir 'n projek net soos die vorige keer
  • Ek het vir die tweede keer Marlize en Hannes se verjaarsdag gemis omdat ek in die buiteland gewerk het
  • Ek het vir 14 weke in dieselfde hotelkamer gebly, waarvan 9 weke alleen was
  • Marlize en die kinders se 3-maande vakansie in Australie het begin (toe is ek nie meer alleen in die hotelkamer nie)
  • Ons het visas gekry wat ons toelaat om tot 7 Julie 2012 te kom en gaan in en uit Australie uit soveel keer en vir so lank as wat ons wil (solank ek in diens van my sponsor bly)
  • Ons het Elmarie se derde verjaarsdag in Australie gevier
  • Ons het 'n woonstel in St Kilda begin huur want ons gratis verblyf in die hotel het tot 'n einde gekom
  • Ek het einde Augustus my eerste Ozzie dollar betaling gekry
  • Marlize en die kinders se 3-maande vakansie in Australie het tot 'n einde gekom en ek het hulle op die lughawe afgesien
  • Ek het my verjaarsdag sonder familie in Australie gevier

Saterdag 27 September vlieg ek Suid Afrika toe vir my kleinsus se troue. Na 'n week in Suid Afrika vlieg ek alleen terug Australie toe - tot kort voor Kersfees (11 weke).

Vrydag was my verjaarsdag - happy birthday to me! Andre en Annelie het gereel dat ons gaan uiteet die aand. Dit was 'n baie lekker restaurant met 'n lekker uitkyk oor die see. Marie was ook daar (Floris is nog in Suid Afrika) en Cary en Riana ook. Dankie julle, dit was baie lekker!



Hierdie naweek was ek by die Melbourne Museum. Marlize was al met die kinders daar (22 Junie, Naweek 11) maar ek het die "The Melbourne Story" uitstalling gaan besoek (sien ook Exhibition notes). Na ek teleurgesteld was om nie te kon fotos neem in die immigrasie museum verlede week nie, het ek gaan foto-geleentheid soek op 'n ander plek. Dit was 'n heeltemal verskillende tipe uitstalling, maar die geskiedenis van Melbourne word in soortgelyke tydvakke opgedeel.

1835 - 1850
1850 - 1880
1880 - 1900
1900 - 1920
1920 - 1945
1945 - 1980
1980 - current


Vir elke tydvak is daar 'n inligtingstuk (soos die foto bo) wat 'n opsomming en sleutel datums aandui. Voor ek die details van die tydvakke hieronder uiteensit (vir die wat belangstel) sal ek eers paar ander fotos plaas.


Die eerste koerant in Melbourne is met hierdie Fawkner Press gedruk op 5 Maart 1938 - The Melbourne Advertiser. Teen 1839 was Melbourne reeds 'n gevestigde dorp met 'n populasie van ongeveer 3,000.


"Welcome Nugget, 1958" (replica). Die inligting onderaan lees as volg: "A party of 24 Cornish miners found the Welcome Nugget on 15 June 1958. The nugget set a new world record. Containing a massive 2218 ounces (63kg) of water-worn gold, it was discovered underground at a depth of 55 metres near Bakery Hill, East Ballarat. The Welcome Nugget was sold in Ballarat for 10,500 pounds. After being exhibited in Melbourne, it was exported to London, where it was melted down in 1859. By 1869, the Victorian Geological Survey had recorded 100 nuggets weighing 100 ounces or more, but many more were unrecorded."


Cobb & Co koets wat in ongeveer 1880 gebou is. Die koets was getrek deur 4 of 5 perde en het tot 17 passasiers vervoer. Pos en bagasie was vervoer onder die drywer se sitplek en bo-op die dak. Blykbaar is hierdie die laaste koets wat kommersieel gewerk het in Victoria.
Cobb & Co was in 1853 gestig deur vier jong Amerikaners vir die uitsluitlike doel om passasiers te vervoer tussen Melbourne en die goudvelde in Bendigo (wes van Melbourne).




"Little Lon" (replica) - Die inligtingstuk hier lees as volg: "Every city has its dark side: a place that respectable citizens scare themselves with. In Melbourne from 1860 one such place was 'Little Lon', the crowded streets and lanes bounded by Lonsdale, Exhibition, Little Lonsdale and Spring streets in the central city. Prostitutes, families with children, drunks, nuns, tradesman and recent immigrants - all could be found in Little Lon. Much of life here was lived out in the open, in the streets and laneways, and residents had to find ways to share the public space with their neighbours. Little Lon was much feared, much imagined - and much visited."


Australian Coat of Arms. Die inligtingstuk lees as volg: "The Australian coat of arms was granted royal warrant by King George V in 1912, when Melbourne was the capital of Australia. The Commonwealth star sits on a blue and gold wreath (Australia's livery colours). Its seven points represent the six states and the territories. The shield bearing badges from each of the six states is supported by a Red Kangaroo and an Emu. Both animals are widely accepted as Australia's faunal emblems. The six blazons on the shield represent the states of Australia. Top left to right: New South Wales, Victoria, Queensland. Bottom left to right: South Australia, Western Australia, Tasmania. The shield is framed by wattle, officially adopted as Australia's national floral emblem in 1988. This coat of arms was made by staff at Museum Victoria, using taxidermied specimens."



S.S. ORCADES. Die S.S. Orcades was die eerste doelgemaakte passasierskip wat gebou is na die tweede wereldoorlog om passasiers tussen Australie en Engeland te vervoer. Met 'n topspoed van 25 knope (46 km/h) was sy vir 'n tyd die vinnigste passasierskip wat tussen Australie en Engeland gevaar het. Haar eerste vaart in Januarie 1949 het net 28 dae geneem, 10 dae vinniger as die pre-oorlog rekord. Sy het 1542 passasiers akkommodeer, 'n mengsel van eersteklas en toeristeklas. In 1964 was sy verander om net een klas passasier te vervoer (toeristeklas) en het toe 1635 passasiers akkommodeer. Haar fasiliteite het verskeie salonne, winkels, 'n haarsalon, hospitaal en twee swembaddens ingesluit. Sy het 55 keer geseil tussen Australie en Engeland en is in 1973 opgesny vir skrotmetaal.


Hierdie stuk vertoon die ontwikkeling van Melbourne van 1835 tot 2008 (met 'n lopende populasie telling). Soos wat die tyd aanstap, word die nuwe uitbreidings van Melbourne ingelas totdat die totale metropool van Melbourne, soos wat dit vandag lyk, uitgebeeld is. Die aanvanklike uitleg van Melbourne in 1835 is die paar blokke wat vandag die middestad uitmaak (die City Circle trem loop rondom daardie spesifieke gedeelte).

En nou die tydvakke, vir die wat nog nie moeg gelees is nie... In plaas daarvan om alles te vertaal gaan ek die oorspronklike teks op die inligtingstukke direk aanhaal.

1835 - 1850
Summary - Melbourne the Meeting Place
On an early winter's day in 1835, alongside a beautiful stream, a group of Aboriginal men gathered around a bearded stranger.
His name was John Batman. He hoped to become fabulously rich - by buying 500,000 acres of the Aboriginal land in exchange for a few household goods.
This transaction - meaningless to the Aboriginal people that day and immediately rejected by government - marked the beginnnings of Melbourne.

Key Dates
Before settlement thousands of Aboriginal people live in the Port Phillip region.
1803 - Convict settlement established at Sorrento, led by Lieutenant-Colonel David Collins, but soon abandoned due to lack of water, poor soil and unsuitability as a port.
1835 - The Enterprize moors on the Yarra River on 30 August, bringing the first permanent European setlers.
1837 - Melbourne is named after Lord Melbourne, the British prime minister.
1837 - Surveyor Robert Hoddle lays out Melbourne's central grid of streets.
1839 - First shipload of immigrants arrives from Britain.
1842 - First flourmills and iron foundry established.
1843 - First election - the landholders elect Port Phillip District representatives for the New South Wales (NSW) Legislative Council.
1847 - Melbourne town is raised to the status of a city, by the authority of Queen Victoria.
1850 - Royal assent to the separation of the Port Phillip District from NSW, Victoria becomes a self-governing colony.
1850 - Melbourne's population: 20,500

1850 - 1880
Summary - Gold Town
It was June 1851. Melbourne bubbled with anticipation: a reward was on offer for the discovery of gold. Melburnians dug up their own neighbourhoods: Collingwood Flat, Flagstaff Hill, Studley Park and Emerald Hill all rang the sound of digging and premature shouts of 'Eureka!'. Gold was soon found in central Victoria, not Melbourne - even so, the gold rush sparked the biggest boom in the city's history.

Key Dates
1850 - Melbourne's population: 20,500
1851 - Gold rush begins; in 10 years, more than half a million people arrive in Victoria.
1854 - National Museum of Victoria, Public Library and University of Melbourne are founded.
1854 - First railway and telegraph services are established.
1855 - Victoria passes Australia's first immigration act, restricting Chinese immigration.
1856 - Building workers win an eight-hour day.
1859 - Seven members of the Melbourne Cricket Club codify Australian Rules Football (Footy), making it the oldest football code in the world.
1860 - Burke and Wills leave on their ill-fated expedition to travel across the Australian continent.
1860 - Nicholson Land Act aims to free up rural land for smallholders and limit ownership of wealthy squatters.
1863 - Coranderrk Aboriginal Station established near Healesville for the re-settlement of Aboriginal people.
1870 - Britain withdraws its military forces, leaving Victoria responsible for its own defence.
1872 - Victorian Education Act establishes free, compulsory and secular education.
1880 - Melbourne's population: 281,000

1880 - 1900
Summary - Marvellous Melbourne
It wasn't just another parade. It was opening day of the 1880 Melbourne International Exhibition, the proudest moment of a booming city, spotlit on the world stage.
Eager crowds lined the route to the new Exhibition Building to wath parades of soldiers, sailors, fire-fighters and trade unionists. They were followed by a glittering convoy of state coaches. A burst of gunfire announced that the vice-regal party was on its way.
The exhibition would herald a decade of marvellous growth and optimism for Melbourne.

Key Dates
1880 - Melbourne's population: 281,000
1880 - Bushranger Ned Kelly is hanged at the Melbourne Gaol.
1884 - 'Octopus Act' authorises ambitious suburban railway expansion.
1885 - First cable tram route opens.
1887 - Land in new suburbs sells for up to 20 times more than three years earlier.
1888 - Royal commission investigates Melbourne's poor sanitation.
1888 - New Pinces Bridge is completed over the Yarra River.
1890 - Australasian Federation Conference is held in Melbourne, a step towards a united Australia.
1891 - Imperial Bank suspends payments, marking the start of Victoria's worst depression.
1894 - Kalgoorlie gold rush attracts thousands of enemployed Melburnians to Western Australia.
1899 - Victorian troops parade before embarking of the Transvaal (Boer) War.
1900 - Melbourne's population: 494,900

1900 - 1920
Summary - Melbourne and the Nation
It was the most magnificent crowd Melbourne had ever seen: 12,000 of Australia's leading lights, dressed in their finest frock coats, uniforms and gowns, glittering with jewels, rustling in starched cotton and velvet, breathing the same air as the Duke of Conrwall and York - the future King George V.
Seated beneath the soaring dome of the Exhibition Building, they were waiting for the glorious moment: the opening of Australia's first parliament, in Australia's first capital city - Melbourne.

Key Dates
1900 - Melbourne's population: 494,900
1901 - Sydney's population surpasses Melbourne for the first time since 1861.
1901 - Melbourne becomes the temporary capital of the newly federated Australia.
1901 - 'White Australia policy' and national import tariffs introduced.
1902 - Women win the right to vote in Federal elections; women are not permitted to vote in Victorian elections until 1908.
1906 - Release of the world's first feature film, 'The story of the Kelly Gang', made in Melbourne.
1906 - First suburban electric tram services introduced in Melbourne.
1907 - Harvester Judgement in Melbourne establishes the 'living wage' for Australian men.
1910 - New Fliders Street Station opens.
1912 - Luna Park opens.
1914 - World War One begins; ends in 1918.
1919 - Worldwide influenza pandemic strices Melbourne.
1920 - Melbourne's population: 763,000

1920 - 1945
Summary - Electric City
It was an overcast day in February 1921. Returned war hero General Sir John Monash, now head of the State Electricity Commision, stood in a windswept Gippsland paddock with his pipe in one hand and a roll of drawings in another.
He had come to witness a start to the construction of Victoria's greatest industrial enterprise - the harnessing of brown coal to generate cheap and 'clean' electric power for Melbourne.
If there was a single moment when Melbourne entered the electric age, this was it.

Key Dates
1920 - Melbourne's population: 763,000
1924 - Melbourne's first radio starts transmission.
1927 - Federal Parliament moves from Melbourne to the new capital Canberra.
1929 - Start of the Great Depression.
1930 - Phar Lap wins the Melbourne Cup.
1932 - Australian Aborigines' League formed in Footscray to fight for Aboriginal rights.
1934 - Last major flood of the Yarra River.
1934 - Shrine of Remembrance opened.
1935 - Centenary of Melbourne celebrated.
1938 - Housing Commission of Victoria formed to create affordable public housing.
1939 - Black Friday bushfires across Victoria kill 71 people.
1939 - World War Two begins; ends in 1945.
1940 - Last cable tram runs in Melbourne.
1945 - Melbourne's population: 1,180,200

1945 - 1980
Summary - Suburban Dreams
On a cool breezy Sunday in December 1947, a small group of people gathered on the pier at Port Melbourne. Among them was Arthur Calwell, Australia's first minister for immigration.
They awaited the HMAS Kanimbla, a troop ship bringing to Melbourne the first 'displaced persons' from war-torn Europe. A train waited alongside the ship, destined for the newly opened Bonegilla Migrant Reception Centre.
Within two decades, almost one million immigrants had disembarked in Melbourne - from coutries as diverse as Britain, Latvia, Italy and Greece. The city's cultural transformation had begun.

Key Dates
1945 - Melbourne's population: 1,180,200
1945 - World War Two ends.
1948 - First Holden car rolls off the production line at Fishermans Bend.
1954 - Royal visit by Queen Elizabeth II - the first by a reigning monarch.
1956 - Melbourne Olympic Games.
1956 - Television transmission begins in Melbourne.
1960 - Chadstone opens - Melbourne's first suburban shopping mall.
1967 - Ronald Ryan is hanged at Pentridge Prison, the last man to be legally executed in Australia.
1970 - 70,000 people march in protest against the Vietnam War.
1970 - Melbourne's international airport opens at Tullmarine.
1977 - Last ocean liner carrying assisted immigrants docks in Melbourne.
1978 - West Gate Bridge opens.
1980 - Melbourne's population: 2,787,400

1980 - current
Summary - Changing City
It was supposed to be a massive copper spire tipped with gold, soaring over a huge new cultural complex. But when Melbourne's Arts Centre opened in 1984, eyes turned proudly to the lattice-work frame that would become a symbol of Melbourne.
Its opening heralded a new era of Melbourne as a cultural and events capital.

Key Dates
1980 - Melbourne's population: 2,787,400
1982 - Melbourne Concert Hall (now Hamer Hall) opens.
1983 - A massive dust storm hits Melbourne, followed by Ash Wednesday bush fires.
1986 - A car bomb is exploded by criminals outside russell Street police headquarters.
1987 - Mass shootings in Queen Street and Hoddle Street.
1992 - Melbourne's main street, Swantston Street, is closed to through traffic.
1996 - Australian Formula One Grand Prix hosted at Albert Park.
1996 - Construction begins on the CityLink tollway, including the Bolte Bridge and two tunnels under the Yarra River.
1998 - Victorians without gas in winter for two weeks after and explosion at the Esso Longford Gas Plan in Gippsland.
2000 - Melbourne Museum opens.
2002 - Melbourne 2030 plan introduced to shape and concentrate residential growth.
2004 - Royal Exhibition Building and Carlton Gardens receive World Heritage listing.
2006 - Melbourne hosts the Commonwealth Games.
2008 - The Melbourne Story exhibition opens.
(Melbourne's population: more than 3,700,000 people)

--end