Maandag middag is ons na nog 'n nuwe parkie toe met die kinders tot omtrent 4-uur die middag. Ons het lekker op al die goed geklouter en bal geskop. Toe begin dit lyk na reen en toe gaan ons huistoe. Hier's fotos van die speel area in die parkie:




Dinsdag was Marlize met die kinders by die St Kilda botaniese tuine. Dis maar winter so dis nie so vreeslik mooi nie maar dit lyk of dit in die somer nogal baie mooi kan wees. Daar is natuurlik ook 'n bietjie van 'n speelpark in anders sou hulle seker nie daar gewees het nie...





Donderdag was hulle by die Shrine of Remembrance en die Royal Botanical Gardens wat net langs die monument is.
Hier is die kinders by die vlam wat nooit ophou brand nie:

In die botaniese tuine is daar ook 'n tuin vir kinders:


Hier in die tuin vir kinders het hulle baie lank vertoef. Die hele kinder-tuin is uitgele en gebou vir kinders, en alles is die regte grootte vir kinders: bruggies, stroompies, tonnels, paadtjies. Pappas en Mammas wat saam loop moet maar buk en mooi loop.




Vrydag was hulle weer raai waar...

Soos julle kan sien is daar nie eintlik golwe nie want Melbourne sit langs 'n groot baai (Port Phillip). Redelik vervelig vir meeste mense maar die strand is lekker groot en plat - natuurlik vol mense wat wil son vang op die naweek maar in die week het die kinders dit alles vir hulleself.
En net langs die strand is daar nog 'n speelpark... St Kilda Triangle:

En nog 'n parkie... Catani Gardens:

Hierdie ding draai in die rondte van die voetstuk af (waarop Elmarie sit in die foto). Mens hoef hom net eenkeer te maak dan gebruik hy jou liggaamsgewig om aan en aan en aan en aan en aan te hou draai - vet pret vir die kinders!

En op dieselfde dag was daar NOG 'n parkie... Albert Part Community Playgroud:


En hier is 'n foto van die kuipe (pit lane) soos wat dit gebruik word tydens die Australian Grand Prix (hierdie jaar in Maart maand) by Albert Park:

Saterdag was die groot dag. Vandat hulle in Melbourne gekom het, het die kinders al slapies getel na die dag wanneer Kung Fu Panda begin wys by die flieks want die hulle het die voorskou op die tv gesien en die advertensies orals in die stad en op die trems - ja, hier is selfs een trem wat heeltemal versier is met Kung Fu Panda advertensies. Na nog van daai $4.50 (oftewel amper R36) per stuk pizza was dit fliek tyd...


Vandag het ons nie veel gedoen nie. Dit was darem lekker kwaliteit tyd saam as gesin. Marlize en Elmarie (gatherers) was bietjie by die St Kilda Esplanade Sunday Market (vlooimark) en ek en Hannes (hunters) was in die tv met Rugby Leage en ons het ge-cheer vir Melbourne se span. Gelukkig was Marlize se beursie leeg voor hulle vlooimark toe was so sy het net "window shopping" gedoen, anders was hy leeg toe hulle terug gekom het!



























