Sunday, March 22, 2009

Naweek 50

Sjoe, dis al amper 'n jaar hier vir my. Nog net 2 weke om te gaan... die tyd vlieg.

Hierdie naweek het ons nie veel toeriste-goed gedoen nie. Saterdag was 'n tuinwerk-dag, natuurlik so bietjie "overdue". En dit was warm. Ek is nou nog nie ten volle herstel nie!

Saterdag aand was dit "Bushdance" by Hannes se skool. Dit was nogal 'n lekker affere, dit was buite op die sportgronde in die donker. Daar was 'n Ozzie country band wat musiek gemaak het, en daar was iemand wat 'n demonstrasie gehou het oor hoe om met 'n sweep te werk - die tipe waarmee hulle beeste aanjaag. Later was dit tyd vir die dansery. Die kinders wat nie saam gedans het nie (soos ons sin) was al die tyd op die klimrame - in die donker. En hulle het almal "glow-in-the-dark" liggies gehad wat nogal groot pret vir die kinders was. Dit was bietjie moeilik om lekker fotos te kry maar hier's in elk geval 'n paar.



Vandag het ons bietjie aan die oostekant van die baai afgery tot in Shoreham in die Mornington Penninsula, want daar is die Ashcombe Maize - Oz se oudste en bekendste "hedge maize". Ons het onsself bietjie gaan verloor in die bosse ;-)




Die kinders het dit baie geniet. Dit was sommer vet pret om die paadjies te soek wat mens uiteindelik aan die ander kant uitbring. Elkeen het 'n beurt gekry om te kies watter draai om volgende te vat.

Hierdie foto is 'n scan van die poskaart wat ons daar gekoop het, en dit is 'n lugfoto van die noord en suid doolhof met die "central garden" tussenin. Click op die foto om 'n groter weergawe te sien.


Dis nogal baie mooi daar, hulle het pragtige tuine ook waar mens kan rondloop en dit lyk of hulle funksies ook doen. Soos troues. Daar is 'n eetplekkie ook. En so paar sitplekkies orals.




Dis net nogal 'n entjie se ry, maar dis tussen klomp wynplase en daar is ook 'n "Cherry Farm" naby waar jy self kan gaan kersies pluk. Ons het dit op ons lysie gesit vir 'n ander keer...