Sunday, April 26, 2009

Naweek 55

Hierdie naweek het ons Hannes se verjaarsdag partytjie saam met sy skool maatjies gehad.

Die tema was Superman en Hannes het 'n koek bestel van Superman wat vlieg maar Marlize het op die ou end geredeneer met hom tot hy Superman se skild gekies het (natuurlik baie makliker om te maak!). Ons het ook vir hom 20 helium ballonne gekry (10 rooi en 10 blou) plus 'n spesiale een met Superman op. Hy was baie bly oor die helium ballonne en na die partytjie het ons ook lekker pret met die helium gehad... he-he.

Hier is die koek in wording...


Voor die maatjies opgedaag het...


Net nadat ons vir hom gesing het...


Die naweek het ons ook 'n spesiale gas gehad. Sy naam is Mooey (Moo-ee). Dit is 'n soft-toy wat elke naweek saam met een van die klasmaats huistoe gaan vir 'n nuwe avontuur. Mooey het saam verjaarsdag partytjie gehou en hy het saam met Hannes op die trampolien gespring - in die koue. Die winter het Saterdag nag ewe skielik opgedaag in Melbourne.

Wednesday, April 22, 2009

Naweek 54

So bietjie laat, maar darem daar!

In die week het Marlize verjaar (sy's nou al so oud ek kan dit nie meer op my vingers tel nie...!) en sy't vir ons lekker eetgoed gemaak. Sy het so paar mense oorgenooi vir koek eet en die kinders het ook die maatjies geniet.

Die naweek was Hannes se 6de verjaarsdag. Sy verjaarsdag partytjie saam die skool maatjies is eers die 25ste April (die skool het eers hierdie week weer begin so paar genooide maatjies was nog met vakansie weg).

Ons het darem vir sy verjaarsdag bietjie Luna Park toe gegaan. Ek het vir hom gevra wat wil hy graag doen op sy verjaarsdag toe se hy sommer dadelik 'LUNA PARK!!!'. Die weer vir Sondag het nie te lekker gelyk nie toe gaan ons sommer Saterdag al. Ons was vroegerig al daar en het 'n "day pass" gekoop (dan kan jy heeldag ry op alles wat jy wil tot jy naar word). Lekker gebaljaar op alles en toe is ons eers terug huistoe vir so paar Skype calls (dadat ons spookasem vir padkos gekoop het). Daarna is ons weer terug Luna Park toe vir die aand en toe het Hannes ons letterlik naar gery op al die goeters. Dit was baie lekker maar dalk net so bietjie te veel vir die oumense... ;-)

Hier is ons op so paar van die rides:




Luna Park se ingang in die aand:



Nog rides gery in die aand ook:




Nadat ons die kinders in die bed gekry het, het ons eers Hannes se persent van ons af in sy kamer ingesmokkel sodat hy dit dadelik sien as hy opstaan, maar hy't nogal spesiaal gewag om dit oop te maak tot ons ook wakker was. En Elmarie het sommer gehelp om dit oop te maak...



Nou het almal van ons al een verjaarsdag in Oz gehad.

Wednesday, April 15, 2009

Naweek 53

Hierdie lang naweek was 'n baie welkom 2 ekstra dae weg van die werk af. Behalwe vir Saterdag se "day trip" op die "Great Ocean Road" en Maandag se rondloop in die mall was ons net rustig by die huis.

Ons het bietjie laat wakker geskrik en besluit ons wil die Great Ocean Road trippie doen, en toe kon ons nerens oorslaap plek kry nie, maar gaan toe op wat al die brosjures van die "tour operators" verkondig dat mens die oggend 8vm uit Melbourne vertrek en die aand 8nm terug is, en reken toe dan is 'n dag mos genoeg. Natuurlik het ons toe bietjie lank by al die plekke gestop en uiteindelik nie die goed gesien wat eintlik die hoogtepunt van die trip moes wees nie - die 12 Apostels. Nou sal ons maar weer moet gaan...

Dit was nietemin baie lekker en hier is van die fotos wat ons deur die dag geneem het...

Die eerste stop was by Split Point Lighthouse:









Die Great Ocean Road se "hek" en gedenkteken:


Eskrine Falls waterval (dis baie droog op die oomblik, die waterval het min water...)




By Teddy's Lookout:


By Koala Cove in Kennet River waar mens die koalas in die natuur kan bekyk. Hulle is baie volop in die bome net agter die kafee, daar is 'n paadjie in en as jy mooi kyk sien jy hulle amper orals, en een was in die parkeer area net langs die kafee:




As mens parkeer so entjie in die pad in en uitklim is dit doodstil, mens hoor niks behalwe paar voeltjies en jouself nie, en plek-plek is daar varing takke wat so groot is dat hulle die kar se voorruit heeltemal kan toemaak.

Met die dat ons so lank vertoef het by al die stop plekke en nie kon slaapplek kry nie het ons aandete geeet by Port Campbell (waar die 12 Apostels is). Dit was al 7.30nm en ons het toe sommer vis en chips langs die see gesit en eet (lekker!). Daarna het ons die grootpad (dus nie weer die "scenic route nie") huistoe gevat. Net na middernag by die huis gekom. Meer as 600km vir die dag gedoen...

Volgende keer sal ons verder vooruit beplan, oorslaap plek reel en seker maak ons kom by die 12 Apostels ook uit.

Sunday, April 5, 2009

Naweek 52 - Happy Anniversary!

Vandag een jaar gelede (wel, eerste Sondag van April in 2008) het ek vir die eerste keer voet aan wal gesit in Australie. Ek kan nie glo dis al 1 hele jaar nie. Danksy hulle lekker lang vakansie hier in 2008 is Marlize en die kinders ook nou al altesaam 6 maande lank hier.

In die week wat sopas verby is, Vrydag, het die senior bestuur op die projek aangekondig dat die nuwe "go-live" datum vir die projek nou amptelik 9 November (ja, 9/11!) 2009 sal wees. Die projek is 'n wereld-eerste (SAP-gewys) so die vertragings in die projek word nie in 'n vreeslike negatiewe lig gesien deur die besigheid nie, veral gegewe die kompleksiteit van die besigheidsprosesse van die klient wat nie net 'n plaaslike markleier is nie, maar wereldwyd 'n markleier in hulle lyn van besigheid ("full services leasing").

So... toe ek aanvanklik besluit het om die projek te "join" was die "go-live" datum beplan vir September 2008, en is toe geskuif na November 2008 kort nadat ek hier begin het. In Oktober was dit toe geskuif na Junie 2009, en nou is dit al November 2009...

Hierdie naweek het Daylight Savings Time weer 1 uur terug geskuif so nou is ons weer op GMT+10. Vandag was die lekker lang dag.

Gister het ons Monsters vs Aliens in 3D gekyk. Dit was die eerste 3D-ervaring vir die kinders en Hannes het dit veral baie geniet. Hy het met tye sommer voor op sy stoel gesit.

Vrydag het die skool vakansie ook begin so Hannes se eerste (en baie suksesvolle) skool kwartaal in Oz is ook al iets van die verlede.

Time flies when you're having fun :-)