Hierdie naweek was die laaste naweek van die Melbourne International Motor Show. Saterdag was ons ook daar.

Van die cool karre wat daar te siene was, sluit die volgendes in:
BMW M1



Formule 1 en Rocket Car



Lamborghini's


By die motorskou was daar ook 'n ballonneman, en vir die kinders was dit die highlight want hulle kon sien hoe maak hy 'n klomp ballon items, en hulle elkeen het ook een gekry, hannes 'n Curious George apie en Elmarie 'n skoenlapper:

Daar was ook heelwat motors op veiling, van 1915 Model T Fords tot 1996 Corvettes. Van die wat oulik was om te sien:


Hierdie naweek was ook 'n Moomba Water Festival in Melbourne, en dit was van Vrydag aand tot vanaand, einde van die langnaweek, met vuurwerke aan die einde van elke dag. Saterdag aand het ons gaan vuurwerke kyk nadat ons by die motorskou was. Die vuurwerke vertoning was ongeveer 15 minute lank.









Sondag het ons sommer net bietjie op die strand geloop en die kinders het met hulle scooters op die paadjies gery. Ek het die laaste bedrading van die goed in die TV-kas klaargemaak so nou is die klankstelsel ook uiteindelik weer ten volle operasioneel. Die eerste fliek wat ons so gekyk het was Shrek 3 (kinders se bestelling).
Vandag was ons weer Moomba Festival toe om die "street parade" te gaan kyk, maar ons het die tyd verkeerd gehad en dit heeltemal gemis. Toe gaan ons maar na die pretpark toe wat hulle langs die rivier opgeslaan het. Dit was massief groot, en die rye vir al die "rides" was verskriklik lank. Hannes het een "ride" gery en toe kom ons maar weer huistoe.



Oppad uit het ons op 'n vertoning van die groep "Erth" afgekom wat die kinders eers wou kyk - dis oor dinosours en hulle "live props" is so goed die kinders dink party is regte dinosours. Hulle het net van die dinosours vertel wat in Oz geleef het, en begin by die kleinste (baba dinos) en opgewerk tot die grootste karnivoor. Net 5 in totaal, maar baie interaktief en al die kinders het dit verskriklik baie geniet.






Net daardie stukkie uitstappie het ons almal kapoet, want dit was so besig ons het die kinders amper al die tyd gedra en vandag was weer w-a-r-m.
1 comment:
Cool vuurwerke. En daai M1. Onthou jy nog die oorsponklikes wat ons as posters teen ons kamermure gehad het?
Groete
Post a Comment