Hierdie week Woensdag was die eerste skooldag vir Hannes by die laerskool. Dinsdag het ons die skoolklere gekry wat hy nodig het en ook die juffrou ontmoet (wel, Marlize en die kinders het die juffrou ontmoet).
Die hele week was Hannes baie opgewonde om skool te begin. Woensdag oggend was niks anders nie, en ons het sommer eers gou fotos geneem voor hy skooltoe is...




Hannes het ook op die dag voor skool begin het, toe hulle die juffrou ontmoet het, al sy eerste huiswerk gekry - teken enige iets wat jy wil. Hier is Hannes se tekening:

In die vorige week was daar nogal groot excitement oor die vullis lorrie - hier is dit bietjie anders as in Suid-Afrika, daar is nie 'n span van ouens nie, net die lorrie drywer. Die vullis lorrie het 'n meganiese arm wat die asblik optel, omkeer in die lorrie, en dan ry hy net verder. Die drywer doen sommer alles. So toe hulle hierdie week weer verbykom het Marlize dit sommer afgeneem (die vorige week het die kinders gese ons moet dit afneem sodat ons vir almal die fotos kan wys van die vullis lorrie met die "arm"). So, hier is die vullis lorrie met die arm!

(Dis geneem deur die gaas van die venster so dis dalk bietjie onduidelik.)
Vandag het dit die eerste keer gereen hier by die huis vandat ons hier ingetrek het. Na twee verskriklike warm weke was dit heerlik! Dit het vir minder as 5 minute gereen hier by ons maar dit was baie baie lekker.

Saam met die goeie nuus van reen hier by ons is daar ook baie slegte nuus in Victoria - die ergste bosbrande sedert "
Black Friday" - Vrydag 13 Januarie 1939. Daar is volgens die nuusberigte, terwyl ek nou hier tik, al 84 mense dood, meer as 700 huise afgebrand en meer as 312,000 hektaar grond is geaffekteer. Lees meer
hier.
Baie dankie vir al die SMSe en emails om te hoor of ons ong okay is. Ons is. Die brande is meer noord en oos van die stad.
Vandag was ons Caulfield Racecourse toe gewees vir 'n South East Water familie pretdag. Daar was perde wedrenne ook. Ons het met die trein gery want van die stasie hier naby ons af ry mens reg verby dit op pad in stad toe. Die stop waar ons moes afklim is by die plek en sy naam is...

Dis nogal 'n mooi ou gebou met 'n deel wat heel nuut gemaak is ook, en die "grand stand" is op die oomblik besig om omskep te word in 'n baie moderne een, so die ou dele word tans afgebreek en die nuwes is alles agter glas, met aircon en al.


Eerste op die lys was natuurlik die ponie ritte - hier sit ons en wag vir ons beurt...

En nou is dit ons beurt...


Daar is ook 'n perdry video-game en Hannes het dit nogal geniet - dis net soos die motorfietse in die arcades, jy moet om die draaie ry, oor die hindernisse spring en als, en jy moet ook op die regty tye die regte spoed ry sodat jou perd nie te gou moeg word nie.

Terwyl Hannes perd gery het, het Elmarie haar gesig laat verf:

Daar was ook 'n massiewe groot springkasteel-slide. Die kinders het baie tyd daarop spandeer, veral Hannes. Freddo die padda was ook daar, en hier is Hannes saam met hom op die slide:

Daar was opvoerings vir die kinders (alles aangebied deur Sout East Water - hulle is maar soos Rand Water daar in Johannesburg):

Elmarie en Mamma ry bietjie in 'n tee-koppie:

Ons het bietjie gekyk hoe word die perde vertoon voor die wedrenne sodat die ouens wat hulle geld wil wegwed eers kan kyk op watter perd hulle dit wil doen...

Terug by die speelplek is die kinders bietjie in die GymBus - dis 'n dubbel-dekker bus wat in 'n klimraam omskep is:

Daar was ook bietjie van 'n vertoning met Humphrey B Bear ('n Ozzie ding) en Elmarie het dit nogal geniet. Sy het lekker saam gedans en gespring en deelgeneem.


En na die tyd kon al die maatjies 'n "cuddle" by Humphrey B Bear kry, en Elmarie het haar "cuddle" ook gaan haal - sy't mooi geduldig gewag om ook 'n drukkie by die beer te kry:

Ons moes ook darem vir die kinders wys hoe hardloop die perde, want dit was tog een van die goed waarna hulle uitgesien het om te sien! Hier is paar van die fotos wat ons by die renbaan geneem het:






Die wenner van die wedren wat ons so mooi dopgehou het:

Die kinders het ook lekker op die groot stuk groen gras rondgehardloop, net soos die perde...

Daarna was dit eers weer terug om nog te gaan speel.



Laaste ding voor ons weer die trein huistoe gevat het was snow cones - Hannes vra al vir 'n week lank hy wil 'n snow cone he en net toe ons begin terugloop sien ons 'n stalletjie raak wat dit verkoop - hulle was altwee nogal baie bly oor die snow cones:

Die week wat voorle se weer vooruitsigte is baie koel (lae 20's) met reen - ons hoop dit help om die bosbrande onder beheer te bring.