Sunday, May 25, 2008

Naweek 7

Hierdie naweek was redelike goeie weer vir 'n wintersdag, alhoewel die lug maar baie deinsig was.

Die toeriste-aktiwiteit vir die naweek was die "Melbourne River Cruise". Daar is eintlik 'n hele paar plekke wat rivier toere aanbied, so ek beveel aan kry eers 'n pamflet by elkeen, wag tot hulle boot terug is sodat jy kan sien hoe hy lyk en vergelyk dit alles saam die pryse.

Die rivier toer(e) is opgedeel in 2 dele - een vat jou uit na die hawe se kant toe, en die ander een vat jou dieper in die binneland in. Eintlik is dit maar vervelig, en amper 'n mors van geld. Hulle "cruise" so halfuur lank eenkant toe en draai dan om, gaan parkeer die boot en dan's dit klaar. Op die een waar ek was, was daar iemand wat meer vertel van alles wat te siene is maar die klank toerusting was ontoereikend. As jy kinders het wat nog klein genoeg is sal dit lekker wees om dit saam hulle te doen en dit saam hulle te geniet. Die fotos wat ek geneem het was ook nie van die bestes nie as gevolg van die lug wat nie baie helder was nie, maar hier is in elk geval so paar ingesluit.

Die boot waarop ek beland het (het nie voor die tyd die vergelykings gedoen nie, maar ek dink dit kon slegter gewees het as ek paar van die bote so gekyk het...) - die "MV MELBA STAR".



Fotos van die hawe-kant:



Hierdie is min of meer wat jy sien as jy die hawe binnekom:



Melbourne het ook 'n heli-pad op die rivier:


Die binneland-kant is baie meer residensieel aan die suide kant van die rivier, en die stad is aan die ander kant (vervelige deel). Al die fotos is van die suide kant:


Hier is 'n paar families wat van die gas braaigeriewe langs die rivier gebruik:



Hierdie klomp probeer bietjie visvang:


Meeste plekke op hierdie deel langs die rivier is woonstel blokke maar sommiges lyk nogal asof dit eerder 'n groot huis moet wees:



Sommer nog 'n foto van die noorde kant van die rivier af:


Ek het ook vir die eerste keer KFC geëet in Melbourne - die diens was swak en die kos was ook nie so goed soos die KFC naby my huis in SA nie. Altesaam 'n teleurstellende affêre, veral aangesien dit noemenswaardig duurder as McDonalds en Hungry Jack's is (wat se waarde ten minste darem die prys baie beter "match"). Mens moet seker nie die hele groep aan een winkel meet nie, maar dit was nie 'n goeie begin nie.

Saam die "river cruise" het ek ook Indiana Jones 4 gaan kyk - dit het Donderdag 22 Mei 2008 hier geopen. Ek het dit geniet - dit was die hoogtepunt van die hele naweek!

1 comment:

cobus said...

ek kan dink dat dit nou al heel verveeld raak daar? miskien moet jy footie game gaan kyk..