Die dieretuin is aan die noordekant van die stad. Om daar te kom van die suidekant af kan mens 'n trein of trem gebruik. Ek het die trein gery tot in die stad, en daar moes ek afklim en 'n ander trein kry wat weer uitry tot verby die dieretuin. Daar is 'n trein en trem stop by Royal Park Station - reg voor die Rail Gate ingang van die dieretuin.
Mens kan nie eintlik veel skryf oor enige dieretuin nie, en mens kan op die website alles lees wat ek kan oorvertel, so ek gaan maar net sommige van die fotos wat geneem het hier sit sodat julle ook die diere kan sien...
Rail Gate ingang (daar is twee ingange, as jy met die trein/trem inkom is jy by hierdie een)

Een van twee bere (die ander een was in die grot)

Lemur (die "party animals" in die fliek Madagascar)

Afrika Leeus


Kangaroo Island Kangaroo ('n eiland paar myl van die suidkus van Australie af - hulle kom net hier voor in die natuur)

Red Kangaroo (hulle kom voor oor die grootste deel van Australie)


(Kon nie bord kry wat aandui wat hierdie is nie)

Southern Hairy-nosed Wombat (kom net voor op 'n klein stukkie van Southern Australia)

Koala (hierdie outjies kruip nogal weg vir die mense - kom net voor aan die suid-oostelike kus van Australie)

Kameelperde en Zebras (Afrika...)

Sumatran Tiger (kom net voor op die eiland van Sumatra)


Olifante (weet nie of is dit Indie of Afrika olifante nie)

Pelikane

Orang-utan (Asie se enigste groot aap)


Gorilla
Slender-tail Meerkat
(Kon nie bord kry wat aandui wat hierdie is nie)
Rooi Panda (kom voor in die reenwoude van die Himalayas)
Die dieretuin het ook 'n Carousel vir die kinders en vir kinder partytjies, en mens kan oorslaap in die dieretuin in 'n tent as jy wil (Roar 'n' Snore). Mens kan ook die dieretuin huur vir jou eie privaat funksies as jy wil. Of daar trou. As jy wil. Vir die wat meer daaroor wil weet, sien hulle website onder "Unique Experiences".
As alles vlot verloop is my vrou en kinders volgende week hierdie tyd ook in Melbourne vir 'n 3 maande vakansie!
1 comment:
duidelik indie olifante.
klein ore en smal voorkop
Post a Comment