Die groot event vir die naweek was die besoek aan die Rialto 360 Viewing Deck - dis 'n lekker hoë gebou waar mens op die 55ste vloer reg rondom kan loop en 'n 360 grade uitsig oor Melbourne kan kry. Kaartjies kos $14.50 maar as jy op die city circle trem 'n toeris-boekie gevat het kan jy 25% afslag daarop kry met 'n koepon. Jou kaartjie laat jou toe om deur die dag in te gaan en in die aand weer terug te kom om Melbourne dus in die dag en in die nag te beloer.
Meeste van die fotos wat ek geneem het is deur die glas want daar is net op 2 kante 'n buite-uitkyk en dit was bewolk so dit kon seker beter gelyk het. Die eerste foto is reg wes en dan kloksgewys om die gebou.
Dag fotos...
Die Yarra rivier waar dit van Port Phillip (links bo) af inkom:

Docklands net anderkant die Telstra Dome met die nuwe groot ferris wheel wat Melbourne bou. Net duskant die dome is een van die trein stasies in/om die stad:





Net links van die rivier is Flinders Station te sien (die goud-geel gebou is aan die linkerkant van die stasie) en Federation Square is net bokant die stasie anderkant die brug wat oor die rivier loop:

Hier is die MCG en Rod Laver arena net bokant die draai van die rivier:

Die hoë toring hier is nog 'n viewing deck - sal dit op 'n ander naweek ook doen, hy's 88 vloere hoog met 'n "out of building experience" (glas-vloer):


Albert Park (die dam en die groenigheid rondom die dam) - waar ek bly is naby die verste punt net links van die water:

Crown Entertainment Complex net anderkant die rivier (die hele foto van links na regs, Crown Tower, die hotel, aan die linkerkant van die kompleks), weerskante van die pad. Bo-op die dak is 2 tennisbane, 'n swembad (regs van die tennisbane) en 'n amfi-teater (bokant die pad):

Nag fotos... as jy mooi kyk kan jy elkeen pas op een van die dag fotos (dieselfde beginpunt, kloksgewys om, en dieselfde eindpunt, net minder fotos)...







Sondag was Moedersdag (geen fotos, ek het nie 'n moeder hier nie). André en Annelie het my oorgenooi vir ete (dankie julle, dit was baie lekker, en die kos ook!). Hulle het my ook weer bietjie rondgewys in die woonbuurt rondom hulle (Bayside omgewing) na ete.
Nog 'n week is op sy rug.
2 comments:
die wereld is nogal plat in daai omgewing
so gepraat van haircuts, ek het nou die dag 'n ou met rat tail mullet gesien by die flieks..
Post a Comment