Monday, July 27, 2009

Naweek 68

Gereelde lesers sou sien ek het paar naweke gemis. Ons leef darem nog.

Die paar naweke wat verbygesluip het was maar redelik vervelig uit 'n toeskouers-oogpunt maar vir ons was dit nie so vrot nie. Ons het darem so bietjie opgewondenheid ook gehad...

Elmarie het haar tweede Oz-verjaarsdag gehad (sy't 4 geword) en ons het lekker partytjie gehou. Dankie vir almal wat kaartjies en pakkies gestuur het, en vir almal wat ge-Skype het.

Ons voel ook nou die winter aan ons lywe en ek was hierdie laaste naweek platgetrek met een of ander gogga en was vandag in geen toestand om te gaan werk nie en het my eerste siekverlof dag in Oz gehad. Ek voel darem op die oomblik heel goed (mag dalk net die pille wees wat praat) so more sal ek seker terug wees op die job.

Ek het so paar rowwe naweke wat voorle met die werk - ons laai data vir "User Acceptance Testing" van die nuwe stelsel, so hou duime vas dat dit sal goed gaan! Hierdie week is die finale voorbereiding vir die groot "event".

Komende Vrydag is 'n mylpaal oppad - dan is ek amptelik 1 jaar lank in diens van 'n Ozzie werkgewer. Die tyd vlieg!

1 comment:

Johan Delport said...

'n Paar naweke gemis? Eerder 'n paar maande!