Hier is ons op die trappe net buite die ingang voor die vertoning begin het:

Ons het so paar fotos binne ook geneem maar ek wil dit nie hier opsit nie. Hulle het gese mens mag fotos daarbinne neem "for personal memories" maar mens mag dit nerens post op 'n website of gebruik vir advertensie en inkomste-genererende doeleindes nie.
In Oz is daar elke jaar twee groot uitverkopings - "End of financial year sale" (middel van die jaar) en "End of year sale" (ja, einde van die jaar). Met die groot toy sales wat nou aan is het ek en Marlize vir ons ook scooters gekoop. Die kinders het dit net so baie soos ons geniet om almal saam op die skoolgronde te gaan ry met die scooters. Dit gee mens nogal 'n lekker "work-out", veral so by die boud spiere rond. Ons gaan seker more lekker seer wees maar dit was nou groot pret vandag.

Ons het nog nie die valhelms gehad nie maar ons het gelukkig nie geval nie. Marlize het in die week die scooters gekoop die oggend wat die uitverkoping begin het maar sy wou nie valhelms koop nie want sy't nie geweet hoe groot is my kop nie... Die het ons vandag gekoop terwyl ons by die mall was om Ice Age 3 in 3D te gaan kyk (dit was cool), so volgende keer kan ons ook, soos ons vir die kinders leer, ons valhelms dra wanneer ons scooter ry.
No comments:
Post a Comment