
$22 koop vir jou 'n "MCG Guided Tour" en toegang tot die MCG Museum. Die toer is ongeveer 1 uur lank en begin by 'n bietjie geskiedenis en statistiek terwyl jy sit op die hoofpawiljoen, onder dak, in die "MCC Members Area". MCC staan vir Melbourne Cricket Club, en MCG is Melbourne Cricket Ground (of "The G" soos baie Ozzies dit noem). Op die foto is die donker sitplekke (spesiaal omhein) en die gedeeltes binne glas die members area.

Melbourne Cricket Club was gestig in 1838 (Melbourne was gestig in 1835) maar die MCG, op die plek waar dit vandag nog staan, is gestig in 1853. Tydens beide wereldoorlog I en II was die MCG gebruik om troepe te huisves. In 1956 was die Melbourne Olympics hier gehou.
Vir die wat kan nie kan onthou van een van die vroeer blogs af nie, Australian football league (footy) word ook op krieketvelde gespeel. Daar is 4 van Melbourne se klubs wat die MCG as tuisveld gebruik. Footy bring vir die MCG $8 in vir elke $1 wat krieket inbring.
Dan besoek jy die "player boxes" waar die spelers tydens die wedstryd vertoef wat nie aktief aan die wedstryd deelneem nie. Nog bietjie geskiedenis van krieket en voetbal.
Daarna vat hulle jou af veld toe - maar net aan die kant op 'n spesiaal afgebakende area. Daar is daagliks 8 tot 12 toere van 20+ mense elk en al daardie voete sal die gras doodtrap as hulle dit nie verhoed nie.
Op hierdie foto is die footy pale en hooftelbord in die agtergrond sigbaar. Die members area is na links.

Volgende is 'n "behind the scenes" toer van waar die spelers voor en na die wedstryd bymekaarkom, en vir voetbal ook met halftyd.

Dis niks spesiaals om te sien nie - maar dis eintlik baie goed ontwerp. Tydens voetbal of krieket seisoen word die hele spelers area onder die pawiljoene verander om toepaslik te wees vir die seisoen. Toe ons onder was, was dit leeg want die footy seisoen is pas afgehandel en dit gaan nou weer ingerig word vir die krieket seisoen.

Die mediese fasiliteite bly egter regdeur die jaar dieselfde. Hierdie is een van die kamers:

Die toer vat jou ook deur die kleedkamers en ontspanningsfasiliteit - die kleedkamers is maar baie basies, maar daar is 'n paar spas ook ingerig. Naby die kleedkamers is ook 'n familie kamer (waar spelers se families hulle kan sien na die wedstryd voor die spelers 'n glasie lemoensap gaan drink), die dwelmtoets kamer en nog 'n paar mediese kamers.
Dan is dit weer op met die hysbak na die boonste pawiljoene toe. Nog 'n lekker uitkyk oor die gronde:


Daarna is dit in die mebers area in - dis fancy. Donker hout, leer meubels, massiewe kroeg en groot skerms sodat jy niks van die wedstryd hoef te mis nie. Dit is ook vol glaskaste met getekende krieket kolwe van regdeur die geskiedenis van die MCG. Die Long Room is een van 'n paar members areas.




In die museum word fotos nie toegelaat nie. Die museum het afsonderlike dele vir krieket en voetbal, en daar is ook 'n interaktiewe deel, dit lyk nogal gewild by die kinders. As mens jou tyd vat en mooi kyk na alles in die museum vat dit jou langer as die toer, so baie is daar om te sien.
Buite om die stadion is daar ook allerhande bronsbeelde opgerig. Hierdie een is van Sir Donald Bradman.

Die inligting op die steen lees as volg:
Sir Donald Bradman, 1908 - 2001. The Don played 52 Tests for Australia from 1928 to 1948. He was captain in 24 Tests scoring 6996 runs at a world record average of 99.94. His amazing first class batting record of 117 Centuries included 19 at the MCG.
Die MCG was op 26 Desember 2005 ingesluit in Australie se National Heritage List.
No comments:
Post a Comment