Sunday, October 12, 2008

Naweek 27

Die getroue blog-lesers sou gesien het ek het twee naweke niks geskryf nie, maar dis omdat ek nie in Oz was nie.

Die vlug Suid Afrika toe was bietjie lank. Met meer as 'n uur se vertraging in Perth en sterk wind van voor was ons eers laat by die huis. Die week was bietjie besiger as wat ek verwag het, maar dit was lekker om weer almal bymekaar te wees.

Die troue was 'n grand affair. Dit was baie lekker. Die familie het almal oorgeslaap by Avianto naby Krugersdorp waar die troue gehou was. Nogal 'n fancy plek! En nou vir waarvoor al die girls wag - die fotos (met permissie gepubliseer)...

Anel, jongste van 4 kinders, laaste om te trou ook:


Die kapel by Avianto waar Anel en Arno mnr en mev Joubert geword het:


Meneer en Mevrou Joubert:


Die troukoek - mmmm, jummy! Lae chocolate en chocolate mousse, met wit chocolate buite om in plaas van die gewone goed:


Trotse Pa (Hans) en Ma (Bettie) de Beer, ouers van die bruid:


Strooimeisie en ringdraer (ja, dis ons kinders, en Marlize het Elmarie se rok, Hannes se strikdas en kruisbande en haar eie rok self gemaak):




Drie boeties - Cobus (jongste), Thys (oudste) en ek - ons was meer as 2 jaar laas almal bymekaar want kleinboet Cobus (links) en sy vrou Bonnie is nou al meer as 2 jaar lank in San Diego, USA:


Skoonsussies - Marlize, Bonnie (Cobus se vrou), Maxi (Thys se vrou) en Ma:


Ek en Marlize saam Anel:


Die bruidstafel by die onthaal:


Die ander tafels by die onthaal:



Na die troue was daar net 'n dag oor om nog bietjie saam almal te kuier voor ek weer op die vlug terug Oz toe moes wees. Hierdie keer het ek besluit om my golfstokke saam te bring, met 11 weke hier behoort ek seker darem kans te kry vir 'n rondte golf of twee.

Die vlug uit Johannesburg was weer vertraag, en toe dit tyd was om te board het hulle eers almal se handbagasie deursoek, wat op die ou end die vlug 2 ure later as geskeduleer laat vertrek het. Gelukkig is daar 'n lang tyd tussen land en die Melbourne vlug in Perth. Toe beland ek vir 'n onverklaarbare rede op bystand vir die vlug (en my bagasie), maar as gevolg van nog 'n vertraging was ek toe in elk geval op die vlug. Maar nie al my bagasie nie. Gelukkig net my golfstokke en nie my klere nie! Quantas het dit darem Dinsdag vir my by die huis afgelewer.

Hierdie naweek het ek toe die naaste golf driving range probeer opsoek - daar's baie bane hier, maar nie almal het 'n driving range nie. Die naaste een is by Albert Park, nogal nice. Ek het so paar balle van die boonste vlak af geslaan. Dit het nogal goed gegaan, so ek dink ek kan myself darem weer loslaat op 'n golfbaan...!

Daar is nog 10 weke oor voor ek weer Suid Afrika toe vlieg vir Kersfees en my Pa se 60ste verjaarsdag. Ek tel al klaar weer die slapies af!

1 comment:

Lea White said...

Nice fotos! Wow, Marlize kan darem mooi naaldwerk doen! Jou kinders word groot en hulle is tog te oulik!

Lea White
http://whitesinnz.blogspot.com