
Kyk ook na http://whereis.com.au/ om te op 'n kaart te sien waar enige adres in Australië is, bv 604 St Kilda Rd, Melbourne, Victoria - dit sal jou wys waar die hotel is. Vir die F1 fans, Albert Park is reg agter die hotel.
Ek bly in een van die een slaapkamer woonstel tipe kamers, wat bestaan uit 'n slaapkamer (met TV), sitkamer (met TV en eet-area), kombuis en badkamer. Die kombuis het 'n yskas/vrieskas, mikrogolf oond, gasstoof en skottelgoed wasser, maar nie 'n koskas nie. Beligting is redelik donker behalwe vir die kombuis en badkamer.



Die hotel is loop-afstand van die strand af. Dit help ook net as die weer lekker is. Daar is 'n trem stop reg voor die hotel. Die publieke vervoer stelsel hier is baie goed in vergelyking met SA, en baie mense gebruik dit in plaas van om in en uit die stad uit te ry met 'n kar. Van hierdie trem stop af kan ek in die stad in ry, of anderkant toe in St Kilda dorp in en alles sommer daar kry wat ek nodig het (dis nou as ek nie lus is vir daai stappie strand se kant toe nie). Hier is 'n foto van die straat wat voor die hotel verbyloop van die trem stop af (laat in die aand geneem wanneer dit nie so besig is nie, in die rigting van St Kilda).

Ek weet nie wat dit kos om in hierdie hotel te bly nie - dit word tans betaal deur die kliënt (LeasePlan). Ontbyt is nie ingesluit in die prys nie.
1 comment:
Hallo!
Welkom "down-under". Die plek lyk baie oulik waar jy woon.
Lea
http://whitesinnz.blogspot.com
Post a Comment